RONELLE SE MA SE VEGGIE SOP



RONELLE SE MA SE VEGGIE SOP
1 pak “Shin” beesvleis
2 liter water
2 koppies 3-in-1 sopmengsels
4 groot wortels, gerasper
2 rape, gerasper
3 aartappels, gerasper
1 pak seldery, fyngekap
1 handvol vars pietersielie, gekap
6 preie, gekap
2 bief blokkies, opgelos in 500 ml warm water
knippie naeltjies
sout, peper, koljander, worcestersous en tamatiesous na smaak
1 blikkie tamatiesmoor
spaghetti
1 pak oxtailsoppoeier aangemaak met bietjie water
Braai stukke shin lekker bruin in olyfolie in ‘n soppot.
Voeg by sout en koljander na smaak.
Sodra die vleis bruin is, voeg die res van die bestanddele by behalwe die spaghetti en soppoeier.
Vir ekstra smaak, sit so twee teelepels tamatie en kruie botter ook by.
Prut vir ongeveer drie ure.
‘n Halfuur voor die sop klaar is, voeg jy handvol spaghetti en oxtailsop by.
Laat goed deur kook tot spaghetti gaar is.
Bedien met vars brood.
Resep en Foto: Ronelle Jacobs