RONELL SE PLAAS HOENDER


RONELL SE PLAAS HOENDER
Vanaand lekker vars plaas hoender gekook met mash en wortels met ertjies in vlasousie.
HOENDER
1 groot ui, gekap
vars knoffel
Braai tot lekker bruin en voeg hoender stukke by braai met spEserye, sout en peper tot bruin.
Voeg water by tot waar hoender toe is.
Hierdie hoender het op matige hitte gekook vir 1 3/4 uur. Dis groot stukke.
Voeg water by soos nodig.
WORTEL EN SOET ERTJIES MET VLASOUSIE
2 kp wortels in ringetjies gesny en gekook in 1/4 k water en suiker na smaak.
As wortels amper sag is voeg 1 kp ertjies by en kook verder.
Daar moet bietjie stroop oorbly voor die sousie bykom in potjie.
Maak 2 eetl vla aan met bietjie water nie ‘n paste nie bietjie loperig.
Voeg by die wortels.
Roer en prut so bietjie tot n dik sousie.
As daar iets kort voeg by tot jy tevrede is.
BRON EN FOTO: Ronell Boshoff