PASTA MET OORSKIET PASTEI VULSEL



PASTA MET OORSKIET PASTEI VULSEL
(Myne was genoeg vir 4 mense)
½ pak penne pasta, gekook tot amper sag
½ ui, gekerf
oorskiet vulsel (myne was hoender)
1 pakkie sampioensous
300 ml melk
1 koppie Cheddar kaas, gerasper
Kook jou pasta soos gewoonlik met die gekerfde ui en sout.
Spuit ‘n oondbak met Spray n Cook.
Meng die pakkie sous met die koue melk en verhit in die mikrogolf.
Ek’t myne so elke 30 sek. uitgehaal en geroer. Herhaal tot dit lekker dik is.
Dreineer pasta en spoel met koue water om kook proses te stop.
Skep die pasta in jou oondbak.
Volg met die pastei vulsel en meng deur.
Smeer nou die lekker sous bo-oor in ‘n lagie.
Versprei die kaas bo-oor en bak in die oond op 180°C vir so halfuur, of tot die pasta lekker goed deur verhit is en kaas lekker gesmelt is.
Resep geplaas deur Jeni Tait
Foto: Jeni Tait
Hier is die vulsel vir heerlike pasteie, gebruik die res vir hierdie heerlike pasta
HOENDER PASTEI
3 hoenderborsies, in blokkies
½ groen soetrissie, gekerf
2 groot uie, gekerf
4 kleinerige wortels, gerasper
½ bakkie sampioene, fyngekerf
1 eetlepel knoffel
1 pakkie wituiesoppoeier
hoender speserye na smaak
sout en peper na smaak
2 bay leaves
½ teelepel droë tiemie
½ koppie melk/room
Braai uie en knoffel.
Voeg die hoender by en braai bietjie met hoender speserye.
Sit die wortel, sampioene en soetrissie by en braai bietjie deur.
Voeg dan die bay leaves en tiemie in en genoeg water om hoender net te bedek.
Kook op lae hitte laat al die smake lekker kan ontwikkel.
Hou die water dop en vul bietjies aan soos nodig.
Wanneer hoender lekker fyn gekook is, meng die droë soppoeier netso by en meng deur.
Laat mengsel verdik en bietjie droog kook en sit dan laastens die melk of room by. Dit moet nie te loperig wees nie. Laat afkoel en maak dan die pastei daarmee.