1

KORINGSLAAI MET KONDENSMELK

KORINGSLAAI MET KONDENSMELK
250 ml koring, ongekook
1 groot soetrissie, rooi of geel, in klein blokkies gekap
410 g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62 ml rosyne
sout na smaak met kookproses

SOUS:
50 ml sonneblomolie
3 ml borrie
6 ml matige kerriepoeier
25 ml blatjang
25 ml suiker
25 ml asyn
1 blik kondensmelk

Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure.
Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf. Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors).
Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is.
Gooi die slaaisous oor en meng deur.
Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek.
WENK: Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou.
Resep: Charlene Keyter Cornelissen
Foto: Fesia Uota