JOHAN SE SOSATIE MARINADE


JOHAN SE SOSATIE MARINADE
10 groot uie, in ringe gesny
60 ml kerrie
60 ml borrie
360 ml suiker
60 ml maizena
1.5 liter asyn
5 ml sout
2.5 ml peper
250 ml heuning
een fyngekapte steranys kan ook bygevoeg word

Gooi water op uie en kook vir 1 minuut.
Gooi water af en braai in olie tot glanserig.
Gooi 1 koppie water in en kook tot sag.
Meng alle bestanddele saam, gooi by uie en kook 10 minute.
Haal af en voeg by 2 eetl. appelkooskonfyt en 1 eetl. blatjang.
Marineer vleis blokkies vir 24 uur en ryg op stokkies.
NOTA:  2 kg vleis. Ek sit ook soetrissie, uie en blokkies spek in as ek dit op die stokkie ryg.
Resep en foto:  Johan Du Preez Snr