JAN SE KARAPOU (KOOL)

JAN SE KARAPOU (KOOL)
1 heel kopkool
1 tot 2 pakkies dik wit uiesop (groot kool 2 of meer na smaak)
250 – 500 g botter (hou bietjie apart om oor kool te smeer)
1 opgekerfte ui (opsioneel)
1 koppie gerasperde kaas (opsioneel)
1 tot 2 pakkies gesnipperde bacon, opsioneel (groot kool 2)
Aromat en grofgemaalde swartpeper na smaak
Bietjie vars of droë kruie van jou keuse na smaak (opsioneel)

Sny koolkop in skywe tot amper deur.
Meng uie, kaas, bacon, minstens een pakkie sop, botter, peper, Aromat en enige ander kruie en spesirye na smaak.
Stop mengsel in die kool se gleuwe.
Smeer die extra botter oor die kool en strooi halwe tot een pakkie sop poeier buite rondom die kool en bietjie growwe swartpeper, Aromat en kruie as verkies.
Draai dan die koolkop goed toe in foellie met minstens twee lae foellie en as vuur toe gaan 3 of 4 lae foellie.
Kool moet goed geseël wees met foellie om te verhoed dat sappe uitlek.
Oond:
Voorverhit oond tot 180°C en bak vir sowat 2 ure.
Vuur:
Krap gaaitjie tussen die kole en sit hom in en krap kole rondom en paar Sit hom op die kole met kole bo-op. Ou wasmasjien drom werk perfek en krap kole op teen kant van drom en draai kool elke nou en dan om.
Laat hom gaar word vir so 2 tot 3 ure.

Notas:
Kan net botter, sop poeier en swartpeper gebruik indien verkies. Smaak net so lekker.
Ons het in ‘n ou wasmasjien drom vuur gemaak en as die kole reg is, dit kante toe geskraap met oop gat in die middel en die kool daarin gesit. Die drom het die hitte lekker binne gehou en die gaatjies wentelasie toegelaat. Aparte vuur is gemaak om op te braai en kole by te gooi in die drom as die kole begin koud word. Die kool so nou en dan om gedraai en drom aangevul met vars kole tot jy voel hy is lekker sag.
Ons maak hom tot vandag toe en is ‘n wenner! Moenie bang wees as die buitenste lagie brand nie, die kool is dik en die gebrande dele is eintlik my gunsteling!
Resep: Jan Lotz