HEERLIKSTE HOENDERPASTEI


HEERLIKSTE HOENDERPASTEI
Die heerlikste hoenderpastei wat ek in ‘n langggggg tyd gemaak of geproe het.
Jy neem so 4 gaar hoenderborsies, pluis vleis uitmekaar of sny blokkies.
Braai nou 2 uie (fyn gekap) en ‘n pakkie sampioene (gesny) in bietjie olyfolie.
Voeg hoender by en ook ‘n blikkie ideal melk.
Jy kan ‘n lepel meel byvoeg indien jy dit bietjie wil verdik.
Sout, peper en speserye na smaak.
Kook deur vir so 2 min en skep in voorbereide pasteikors.
Bedek met oorblywende deeg, smeer bietjie geklitste eier bo-oor en bak vir 45 min by 200°C tot lekker goudbruin.
FOTO: Louise Smit
NOTA:  Ek het my bokors met mayonnaise gesmeer ipv geklitse eier.
Ek spuit my bak met spray&cook en sit my deeg in. Sommer winkel blaardeeg gebruik. (ready to day deeg) Skep beslag in en sit nou kors op, smeer met mayonnaise en oond toe.

Annelore Von Solms Joubert  –
Baie dankie, so ek hoef dit nie voor die tyd te bak nie. Ek is altyd bekommerd dit bak nie deur nie.

Louise Smit –
Ek myne omtrent so bietjie meer as ‘n uur en ‘n half gebak of tot hy so goudbruin van bo is.