HEERLIKE KLAPPERKOEKIES


HEERLIKE KLAPPERKOEKIES
12 koppies koekmeel
5 koppies klapper
3 koppies botter
6 koppies suiker
6 teelepels kremetart
3 teelepels koeksoda
12 eiers
1 ½ teelepels sout
Klits die suiker en eiers deeglik.
Sif die droë bestanddele, behalwe koeksoda saam.
Vryf botter in droë bestanddele in.
Meng koeksoda met bietjie melk en meng tesame met eiermengsel in meel in.
Knie goed en druk deur vleismeultjie
Bak ongeveer 15 min by 180°C tot ligbruin
Resep: Tania Minnie