GROENTEGEBAK MET SOUTKOEKIES


GROENTEGEBAK MET SOUTKOEKIES
1 kg gemengde gevriesde groente
1 koppie kaas
1 koppie mayonnaise
1 medium ui, fyn gekap
100 g margarien
soutkoekies, fyn gebreek.
Kook of stoom die groente in soutwater net tot sag. Dreineer die groente en meng met die kaas, mayonnaise en ui. Plaas die groentemengsel in ‘n gesmeerde oondbak. Smelt die margarien en meng metdie koekies. Strooi dit bo-oor die groente en bak die gereg vir 20 min by 180°C of tot goudbruin!
Resep: Marietjie du Preez