GIDEON SE LASAGNE MET ‘N VERSKIL


GIDEON SE LASAGNE MET ‘N VERSKIL
Vroulief het vir aandete die lekker lasagne gemaak en was heerlik saam met slaptjips en mengelslaai.
250 g pasta linte
1 kg maalvleis
2 eetlepels olyfolie
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 groot ui, gesnipper
2 pakkies knopiesampioene
2 eetlepels crushed garlic
1 teelepel chillieflakes
1 teelepel swartpeper
2 teelepels sout
1/2 koppie suiker
1/2 koppie gerasperde cheddar kaas
Kook die noedels in kokende sout water vir 15 tot 20 min en dreineer.
Verhit die olie en braai die uie.
Voeg die vleis by uie en kook tot gaar.
Voeg alles verder by en kook tot gaar +- 10 min (hou net die linte en die 1/2 koppie kaas eenkant).
Skep die een helfte van die linte in n gespuite oondskottel.
Gooi die helfte van die vleismengsel oor en ook die helfte van die kaassous en herhaal.
Gooi die gerasperde kaas oor en bak in ‘n voorverhitte oond op 180° C vir 15 min.
Kaassous:
Smelt 125 g botter saam met 6 eetlepels koekmeel en kook oor lae hitte vir 2 min.
Voeg geleidelik die melk by en roer tot dit kook op lae hitte.
Verwyder van hitte.
Voeg dan koppie gerasperde kaas by en roer tot dit gesmelt.
Resep en foto: Rienie en Gideon Louw