ELNA SE KERRIE POT MET OORSKIET BRAAIVLEIS


ELNA SE KERRIE POT MET OORSKIET BRAAIVLEIS
Ek het vanaand Alta Gunter van Dyk se kerrie pot met oorskiet braaivleis gemaak. Ek het die resep bietjie aangepas
Sny jou oorskiet braaivleis op in stukke soos jy wil. Sit in ‘n pot. Braai uie en sit by in die pot. Kook artappels in mikro sag gekook, sny kleiner indien nodig en voeg by die pot. Voeg ‘n pakkie baba wortels, petit four ertjies en 250g sampioene by.
Vir die kerrie:
1 eetlepel kerriepoeier van jou keuse
2 teelepels borrie
2 hoogvol eetlepels appelkooskonfyt
80 ml asyn
2 teelepels bruinsuiker
15 ml tamatiepuree
20 ml blatjang
15 ml soet rissiesous
Maak alles aan met bietjie water. Giet oor die gaar vleis en groente. Prut stadig, en bedien.
Foto en resep aanpassing: Elna Erasmus