BEESVLEIS EN GROENTESOP

BEESVLEIS EN GROENTESOP
1 kg potjiekos beesvleis met been aan (bene gee baie geur aan ‘n gereg)
1 pak groentesop groente (aartappel, wortel, raap, seldery, tamatie) gerasper en/of grof opgekap. *hou die pietersielie eenkant tot die sop gaar is.
1 groot ui
1 pakkie bruin uie sop poeier
+- 1 liter kookwater
1 blikkie gekapte tamaties

Braai die vleis stukke mooi bruin rondom in net genoeg olie om die bodem te bedek. Haal uit en hou eenkant. Braai die uie tot deurskynend. Sit die vleis terug in pot, gooi so 2 koppies kookwater by en stoom onder druk tot die vleis sag is en van die bene afval. Verwyder die bene, voeg die groente en blikkie tamatie by en die res van die water. Stoom tot die groente sag is. Maak die pakkie bruin uie sop poeier aan met ‘n bietjie koue water, roer deur die sop en prut tot verdik en gaar. Kap die pietersielie op en sprinkel oor die sop wanneer bedien word. Bedien met lekker krakerige ciabatta, croutons of vars gebakte brood.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Elsabie Templeton