ANNELIZE SE KONDENSMELK MELKKOS (MIKROGOLF)

ANNELIZE SE KONDENSMELK MELKKOS (MIKROGOLF)
1 blik kondensmelk
2 ½ koppies water
1 liter melk
1 koppie meel
125 ml botter
2 eetlepels botter
bietjie sout

Meng die kondensmelk, water, melk en sout saam en mikrogolf vir 10 min.
Vryf die botter in die meel sodat dit soos krummels lyk of frummel dit met die Twista. (Moenie te lank in die Twista maal nie anders vorm dit ‘n meelbal, wat nie ‘n probleem is nie, want dan kan jy dit by warm melkmengsel inblend vir ‘n gladde melkkos)
Wanneer die melkmengsel warm is, word die meelmengsel bygevoeg en roer goed met ballonklitser.
Mikrogolf nog 10 minute en roer na elke 2 minute.
Bedien met kaneelsuiker.
Resep en foto: Annelize Smit