ALIDA SE “LEMON CURD”


ALIDA SE “LEMON CURD”
5 groot suurlemoene se sap en skil, geraper
250 g botter
300 g strooisuiker
4 x groot eiers, geklits
Smelt botter en suiker en sap oor kookwater of bainmarine, sit van gesmelte mengsel straaltjie gewys by eiers terwyl jy klits met draad klitser.
Sit terug oor kook water en kook tot dik genoeg is om die lepel se rug te bedek.
Sit in flessies.
Resep geplaas deur Alida Siebert
Foto: Alida Siebert
NOTA: Pasop dat jou boonste bakkie waarin jy klits nie aan die kookwater in die onderste pot raak nie, dit moet net die stoom kry 🙂