ADRI SE DOODGEWONE MELKKOS

ADRI SE DOODGEWONE MELKKOS
Doodgewone melkkos, maar net mooi opgedien, want ons eet mos met ons oë ook 🙂
1 blikkie kondensmelk
500 ml water
1 liter melk
125 gr botter
Knippie sout

Kook alles saam.
Meng daarby so 250 ml koekmeel en kook tot dik en gaar.
Ek gooi ook 5 ml vanilla essense by.
Dien op met kaneelsuiker. Ek het dit in glas koppies geskep in lae met kaneelsuiker tussen die lae.
Foto en resep: Adri Redlinghys