SJOKOLADE GRONDBOONTJIE BALLE

SJOKOLADE GRONDBOONTJIE BALLE
250 ml versiersuiker
250 ml creamy grondboontjie botter
30 ml gesmelte botter
375 ml fyngemaakte rice crispies
1/2 blok melting sjokolade

Meng grondboontjie botter en gesmelte botter in ‘n bak en gooi versiersuiker en rice crispies by. Meng goed, vorm balletjies en pak op rak wat met foelie oorgetrek is. Plaas in yskas vir 40 min. Smelt sjokolade en doop balletjie daarin. Haal uit met tandestokkie en sit op foelie. Plaas in vrieskas vir 1 uur tot gestol.
Nota:
Sit in houer en bêre in vrieskas nie in yskas, want dan word dit pap.
Resep geplaas deur Elize Gouws
Foto: Elize Gouws