REGTE OUTYDSE SOETKOEKIES

REGTE OUTYDSE SOETKOEKIES
Resep: Erika Weber Vos
Foto:  Tanya Dippenaar
FOOD LOVERS RECIPES
My Tannie was ‘n bobaas bakster. Ek sien nou nog hoe staan al die enamel skottels die huis vol met koekies. – Lees nota onderaan – baie belangrik
3 lb koekmeel = 1.360 kg
2 lb suiker  = 907 g
2 lb margarien/botter = 1 kg blok
2 eetlepels kaneel
1 teelepel naeltjies
1 teelepel neutmuskaat
1 pk koeksoda = 12 g
1 pk cream of tarter = 12 g
1 blik kondensmelk
5 groot eiers

Vryf botter in droë bestanddele en voeg die geklitste eiers en kondensmelk by. Meng goed tot redelik stywe deeg. Kan oornag laat staan en volgende dag gebak word. Rol en druk af.
Bak 180°C tot mooi ligbruin.
NOG NIE UITGETOETS NIE. – Maar my Tannie was ‘n bobaas bakster. Ek sien nou nog hoe staan al die enamel skottels die huis vol met koekies.
Nota: Tanya Dippenaar
Hier is die soetkoekie resep waarvoor ‘n dame eergister gevra het, Rina het toe die dametjie ook gevra om dit uit te toets, wel hier is my probeer slag.
Die deeg is baie slap en ek moes ‘n hele koppie extra meel by voeg net om dit soortvan hanteerbaar te maak, ek het dit oornag laat staan ook soos die resep se jy wel kan doen, hierdie deeg kan jy nie uitrol en mooi vormpies druk nie, maar net om klein balletjies te rol is perfek,
Ek het so 243 koekies uit gekry, ek het n 15 ml maatlepel gebruik, sal hulle volgende keer kleiner maak, gewig van koekies was so 3.4 kg
Ek het hulle ook in “castor sugar ” gerol
Ek het gesien jy hoef hulle net liggies met jou palm af te druk, nie nodig vir ‘n vurk nie.
Ek het ook nog nooit egte soetkoekies geproe nie maar hierdies proe baie lekker, kan hulle amper melktert koekies noem
Ek sal maar nog aanhou soek want ek soek ‘n resep wat styf genoeg is sodat ek dit kan uitrol en in vormpies maak, maar hierdies is baie lekker en sal definitief ‘n paar koekie blikke vol maak.
Ek het omtrent 1.5 kg meel gebruik en 910 g botter en ek voel dit is ook te veel, maar dit is heerlik.