PANGEBRAAIDE RUMP MET MIELIEMEEL KORS


PANGEBRAAIDE RUMP MET MIELIEMEEL KORS
½ koppie koekmeel
½ koppie growwe mieliemeel (Jan Braai)
2 eetlepels Robertson’s Masterblends Traditional Braai Mix
rump steaks
Meng die meel en speserye saam en druk albei kante van die rump in dit en sit op bord in yskas vir 30 min.
Maak ‘n groot genoeg pan goed warm en giet Canola olie in om bodem te bedek met genoeg olie vir vlak braai.
Braai die steaks vir paar minute op elke kant, sodat net medium rare en bedien dadelik.
Bedien saam met gebakte aartappel en slaai met heuning, lemmetjie, mosterd, olyf olie en balsamiese asyn perêltjies.
Foto: Elsabie Templeton