NEUTKOEKIES

NEUTKOEKIES
250 g sagte botter
125 ml versiersuiker
100 g ongesoute neute van jou keuse grof gekap
15 ml volroommelk
1 t vanieljegeursel
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
250 ml versiersuiker

Stel die oond op 180 grade C.
Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit.
Klits die botter en versiersuiker ongeveer 4 min lank tot liggeel.
Voeg die neute, melk en vanieljegeursel by en roer tot gemeng.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer by die bottermengsel in.
Skep teelepelsvol deeg uit en rol dit in balletjies.
Druk koekies effens platter
Bak 15 minute lank tot ligbruin.
rol koekies in versiersuiker terwyl dit nog warm is.
HEERLIK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Foto: Benhet Nieuwenhuis