MOSTERD BORSIES OP STOKKIES



MOSTERD BORSIES OP STOKKIES
Sny hoender borsies in die lengte oop en ryg op ‘n sosatie stokkie. Draai dit toe met repiespek. Bedruip met ‘n sousie wat bestaan uit:
2 eetlepels Dijon mosterd
1 eetlepel suurloensap
½ teelepel chillie vlokkies
2 eetlepels olyfolie
½ teelepel sout
½ teelepel peper
Braai op kole tot goudbruin en gaar.
Foto: Gideon Louw