MAGTELD SE RISSIE BLATJANG OF -SOUS


MAGTELD SE RISSIE BLATJANG OF SOUS
Resep geplaas deur Magteld Janse van Vuuren
Foto:  Magteld Janse van Vuuren
FOOD LOVERS RECIPES

MAGTELD SE RISSIESOUS
2 groot hande chillies, ontpit en gekap
2 groot tamaties, ontvel en gekap
2 uie, gekap
knoffel
2 koppies asyn
1 koppie suiker
1 koppie appelkooskonfyt
2 teelepels kerrie
knippie sout

Kook alles saam vir ‘n uur en bottel warm.
Kan klein bietjie maizena meng met bietjie water en laat deur kook as dit te pap is.

MAGTELD SE RISSIE BLATJANG soos op foto.
± 10 chillies, gekap
2 kg tamaties
2 uie
knoffel
En al die bestanddele en metode soos in vorige resep.

So kan jy met pepadews dieselfde hoeveel asyn, appelkooskonfyt ens gebruik, sit by die pepadews net ‘n paar brand chillies by.
Kook ‘n uur tot dik.