MACARONI-MAALVLEIS

MACARONI-MAALVLEIS
Heeeeerlik verby
1 kg maalvleis
600 ml macaroni stukkies
1 blik minestronesop (ek het by PnP) gekry
500 ml kookwater
sout na smaak
100 ml tamatiesous
10 ml kerriepoeier

Plaas rou maalvleis op boom van groterige kastrol met dik boom. Strooi rou macaroni bo-oor. Gooi sop oor dan kookwater. Strooi sout oor. Meng tamatiesous en kerriepoeier en skep dit bo-oor. Sit deksel op en kook ongeveer 30 minute totdat macaroni sag is, voeg klein bietjie kookwater by indien dit teen die end drooggekook het. Sit warm voor. 6-8 porsies.
Foto en resep geplaas deur Anel Engelbrecht Portela