KOSHUIS KOEKIES


KOSHUIS KOEKIES
Resep: Erika Weber Vos
250 g botter
2 koppies suiker
2 – 3 eiers
5 ml vanilla
300 g koekmeel
10 ml koeksoda
5 ml sout
15 ml bakpoeier
2 koppies hawermout
2 koppies klapper
2 koppies Rice Crispies
Klits die botter en suiker tot romerig.
Voeg die eiers en vanilla by en klits goed.
Meng die koekmeel, koeksoda, sout en bakpoeier saam, voeg by die natmengsel en klits goed.
Voeg die hawermout en klapper by en meng deur.
Vou daarna die Rice Crispies goed in.
Skep lepels vol op ‘n bakplaat – nie te naby mekaar nie.
Bak op 180°C tot mooi ligbruin so ±15 min.