GRAANVLOKKIES TERT

GRAANVLOKKIES TERT
1 liter melk
105 ml maizena, 7 eetl gelyk vol
5 eiers, geskei
200 ml suiker
+ nog ekstra 50 ml suiker
15 ml botter
5 ml vanilla
5 ml bakpoeier
graanvlokkies fyn gemaak vir die kors

Meng maizena en 1 koppie van melk goed.
Klits suiker en eiergele tot romerig.
Bring melk tot kookpunt en voeg maizena en eiermengsel by, kook tot dik oor matige hitte, roer gedurig. Voeg nou botter en vanilla by.
Roer goed deur en haal af van stoof.
Rol graanvlokkies fyn en gooi ‘n lagie onder in gesmeerde tert bak, skep nou melkpap versigtig op graanvlokkies.
Klits eierwitte styf, voeg die 50 ml suiker geleideluk by asook bakpoeier. Skep bo-op melkpap, strooi klein bietjie fyn graanvlokkies oor.
Bak teen 150°C vir ±10 min tot mooi goudbruin, laat afkoel.
Nota:
Ek gooi net ‘n lagie fyn cornflakes onder in bak dit sit dan aan die vulsel vas die dikte hang van jouself af, jy kan dit met botter meng en in bak vasdruk maar, ek persoonlik hou nie daarvan nie, want gedeelte van kors sit altyd aan die bak vas.
Foto: Marie Grobler
Resep geplaas deur Marie Grobler