EENVOUDIGE KARRINGMELK BESKUIT



EENVOUDIGE KARRINGMELK BESKUIT
500 g botter
2 ekstra groot eiers
3 koppies suiker
4 koppies karringmelk
2 kg bruismeel
4 teelepel bakpoeier
7,5 ml sout
Stel die oond op 160 ºC.
Smelt die botter in ‘n kastrol oor lae hitte.Roer af en toe.
Verwyder dit van die hitte en laat effens afkoel.
Klits die eiers en roer die suiker en karringmelk daarby.
Roer die afgekoelde bottter by die eiermengsel tot gemeng.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Roer die bottermengsel by die meelmengsel tot deeg vorm.
Knie die deeg ongeveer 4 min lank.
Bak die beskuit ‘n uur lank tot ligbruin.
Laat dit effens afkoel in die panne en droog ongeveer 5 ure lank teen 50°C.
Foto: Benhet Nieuwenhuis en Anmarie Watney