CLAUDIA SE THAISE BOTTERSKORSIE SOP



CLAUDIA SE THAISE BOTTERSKORSIE SOP
2 groot botterskorsies, grof opgekap
2 groot uie, opgekap
6 knoffelhuisies (ek sit hulle sommer heel in)
2 blokkies hoender stock
2 blikke klapperroom
6 eetlepels donker nat bruin suiker
4 eetlepels rissievlokkies
1 koppie goeie kwaliteit balsamiese asyn
½ koppie olyf olie
sout en peper na smaak
Sit die botterskorsie stukke in ‘n groot oondbak. Sit al die bestanddele behalwe die klapper room en hoenderaftreksel by, en meng alles goed deurmekaar. Bak vir 45 min op 180°C.
Moenie die bak toe maak nie. In ‘n groot kastrol, sit 2 blokkie hoender “stock” met 500 ml kookwater.
Sit die gebakte botterskorsie met die vloeistof uit die oondbak by.
Voeg die klapperroom by.
Maak die mengsel fyn en romerig met ‘n stick blender. Bedien met lekker tuisgemaakte brood.
Foto: Claudia Coetzee