CHILLIES MET TAMATIESHEBA


CHILLIES MET TAMATIESHEBA
Chillies gebottel, hierdie een is so sterk ons kry dit skaars geƫet!!
1 koppie suiker
1 koppie asyn
1 koppie chillies van jou keuse
Kook saam.
Ek het 3 soorte chillies gemeng.
Die geheim van my resep is: ek het altyd gevriede tamatiesheba in my vrieskas, voeg sommer 1 kop sheba by. (tamatie en uie smoor)
Laat deurkook.
Verdik met maizena na jou keuse.
Bottel warm.
Foto en resep: Martie Roberts