BRUIN HEUNINGBESKUIT


BRUIN HEUNINGBESKUIT
500 g bruinmeel
125 g botter
200 g heuning
250 ml karringmelk/ongegeurde jogurt
1 eier
1 teelepel sout
2.5 teelepels bakpoeier
1 gelyk teelepel koeksoda
50 g neute en sade (net soos jy verkies)
In een bak, plaas alle droë bestanddele.
Meng die eier en karringmelk saam.
In ‘n ander bak, smelt die botter en heuning (moet nie kook nie).
Voeg die karringmelkmengsel by die heuningmengsel.
Voeg alles dan by droë bestanddele and meng goed.
Plaas in die beskuitpanne.
Bak vir 180°C (160 in konveksie oond) vir 35 – 40 minute.
Wenke:
Gebruik ‘n groter pan as gewoonlik, sodat dit platter kan wees en nie so baie hoef te bak nie. (32 blokkies)
I used a standard size baking tray – A4 size. It all depends on how big you want these rusks. As it’s so filling I made it more into bite size, rather than traditional big chunks.
Die mengsel is loperig so moenie bekommerd wees nie.
Koeksoda – maak dit lekker bruin en rys dan nie so baie nie.
Wat is bruinmeel:
Alta de Wet:
Volgens Google: Malted wheatgrain – This is brown or wholemeal flour with added malted grains. Ek sal volkoring meel gebruik.
Kyle Jensen:
Alta dit sal werk. Probeer en laat ons weet. Ek het baie keer verskillende mele oor, so maak variasies.
Foto en resep: Kyle Jensen