ANNELIZE SE THAI HOENDER PAKKIES


ANNELIZE SE THAI HOENDER PAKKIES
Stoom 2 hoenders tot gaar en hou die vloeistof vir aftreksel. Ontbeen en pluis die vleis.
Braai in diep pot tot deurskynend:
2 uie
knoffel na smaak
vars gemmer na smaak
Gooi ‘n handvol goed afgespoelde en geknakte vars koljander by.
Voeg 3 eetlepels kerrie by en meng.
Voeg hoender by. As pot begin aanbrand, voeg die hoender aftreksel by.
Kook deur en geur met sout, peper, kaneel en suurlemoen.
Voeg een blik klapper room by.
Vou phillodeeg toe soos ‘n baie groot samoesa en plak kante vas met water of eier.
Braai in diep olie.
Dit lyk soos ‘n baie groot samoesa! As dit klaar is, sit ‘n lekker GROOT Eetlepel volroom Bulgaarse Yogurt op en gooi sweet chillie sous bo- op! Onthou die vulsel resep is grootmaat en kan gevries word en gebruik word soos nodig! Is ‘n baie lekker vulsels vir wraps, jaffels en Tramazinis ook.
Resep: Annelize Smit