ANNARIE SE SUURDEEG PLANTJIE WAFFELS


ANNARIE SE SUURDEEG PLANTJIE WAFFELS
1 koppie suurdeeg plantjie
2 koppies koekmeel
2 koppies karringmelk
2 eetlepels suiker
Meng en laat oornag staan.
Meng die volgende by sodra jy gaan wafels bak:
2 eiers
ΒΌ koppie olie of gesmelte botter
sout
1 teelepel koeksoda
Pannekoek maak ek my gewone resep aan, maar los die asyn uit en pas die hoeveelheid meel en water met ‘n half koppie elk aan en voeg 1 koppie suurdeeg plantjie by.
Resep: Annarie Van Der Vyver