WILMERIE SE BROWNIES


WILMERIE SE BROWNIES:
2 koppies koekmeel
2 ½ koppie suiker
5 ml bakpoeier
500 gram margarien
4 groot eiers
½ koppie kakao
Smelt margarien, klits eiers en voeg by margarien in terwyl jy heeltyd klits.
Sif dan die kakao in die mengsel in, meng deur.
Meng die res van die bestanddele en voeg by die mengsel in, meng goed.
Bak in gesmeerde oond pan teen 180°C vir 25 minute.
Laat afkoel voor jy dit sny.
Foto en resep geplaas deur Susanna Kruger