TAMATIESOUS A LA GIDEON


TAMATIESOUS A LA GIDEON
1.5 kg klein tamatietjies, middeldeur gesny
2 medium uie fyngekerf
1 eetlepel crushed garlic (fyn knoffel)
1 koppie asyn (wit of bruin )
Kook hierdie bestanddele saam tot sag en jaag dit deur ‘n voedselverwerker tot fyn sodra dit afgekoel is.
Plaas terug in kastrol en voeg by:
1 koppie suiker
1 teelepel paprika
1 teelepel sout
1 teelepel rissievlokkies
4 fyngemaakte naeltjies
½ teelepel mixed spice
¼ teelepel cayenne peper
Kook die mengsel dan vir ‘n halfuur en bottel in gesteriliseerde flesse.
Foto: Gideon Louw