SJOKOLADE PLAATKOEK


SJOKOLADE PLAATKOEK
750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
500 ml suiker
5 ml koeksoda
80 ml kakao
knippie sout
500 ml kookwater
250 ml olie
10 ml vanilla
50 ml wit asyn
Voorverhit oond tot 180 ºC en spuit of smeer pan.
Sif al die droë bestanddele saam.
Meng res van die bestanddele saam in beker en giet egalig oor die droë bestanddele.
Klits met ‘n vurk om te meng.
Skep in ‘n voorbereide pan.
Bak 20 – 25 min of tot gaar.
Versier volgens keuse.
Ek het die volgende sousie oorgesit, net
½ koppie water
½ koppie suiker
1 eetlepel kakao
Meng saam en kookvinnig.
Paar gaatjies in koek gedruk en oorgeskep.
Resep en foto: Elize Senior Wolvaardt