MARITZA SE AARTAPPEL GEBAK

MARITZA SE AARTAPPEL GEBAK
4 tot 6 groot aartappels
250 ml room
1 pakkie  spek
1 blikkie sampioene
Ina Paarman se Potato spice en knoffel na smaak
kaas

Stoom aartappels tot halfgaar, sny in blokkies.
Gebruik ‘n kleinerige bak en pak een laag, strooi dan die spek en sampioene oor en pak die volgende laag.
Meng die room, knoffel en Potato spice in beker en voeg dit by die aartappels.
Bak in oond van 180°C tot die room lekker ingetrek het en sprinkel kaas oor om te smelt net voor etenstyd.
Resep: Maritza Steenkamp