KORTRIB KERRIE

KORT RIB KERRIE
1 ½ kg kortrib in blokkies gesny, vra slagter
2 medium grootte uie opgekap, fyn knoffel na smaak, as jy wil
2 eetlepels kerrie jou keuse
1 teelepel borrie
sout
2 eetlepels asyn
3 eetlepels appelkooskonfyt
3 eetlepels blatjang chunky (ek vat meer)
2 eetlepels suiker of na smaak
4 medium grootte aartappels, in kwarte gesny

Braai die uie tot deurskynend.
Voeg die kerrie, borrie, en suiker by en roer deur.
Voeg die vleis by asook sout en braai so vir 5 minute.
Stowe die vleis stadig tot amper sag en voeg die aartappels by. Gebruik baie min water vir vleis stowe hou heeltyd dop.
Kook tot gaar. Stowe vat tyd.
Voeg nou jou asyn, konfyt en blatjang, wat gemeng is by. Roer liggies deur.
Voeg by wat kort. Prut 5 min.
Resep geplaas deur Ronell Muller Bosshoff
Foto: Ronell Muller Bosshoff