KAAS EN MARMITE HAPPIES

KAAS EN MARMITE HAPPIES
1 kg meel
1 kg botter (2 x 500 grm), yskoud
1 kg gerasperde cheddar kaas, grof gerasper
½ teelepel peri-peri
½ teelepel droë mosterd
1 eiergeel
½ koppie yskoue water

Sif meel, peri- peri en mosterd saam.
Rasper botter  en kaas op growwe kant in meel in.
Sny in met ‘n mes  totdat dit goed gemeng is.
Klits eiergeel en water saam. (eierwit word nie gebruik nie)
Hou 12,5 ml uit, voeg res by meelmengsel.
Om ‘n stywe deeg te vorm, pas maar aan as dit te styf is sit bietjie water of eier by tot dit reg is.
(deeg verskil winter en somer, ek laat rus dit bietjie in yskas)
Rol deeg dun uit, (omtrent dikte van 2 R5 op mekaar gesit, druk af met koekie drukker, bietjie groter as ‘n R5).
Smeer met die bietjie eiergeel/water mengsel wat jy gehou het.
Bak by 200°C vir 8 tot 10 min tot goudbruin, as koud is, plak 2 op mekaar met marmite botter. Verpak lugdig.
Ek gebruik 500 g botter op 4 tot 5 teelepels marmite, hang af van smaak.
Dubbele batch gee my ongeveer 34 pakkies van 12 in pakkie, hang ook af van dikte wat jy koekie uitrol.
Lekker bak!
Foto en resep deur Alta Gunter Van Dyk