JOHANNA SE SOUTTERT

JOHANNA SE SOUTTERT
2 groot uie
250 gr viennas
250 gr russians
250 gr bacon
8 eiers
300 gr kaas

Sny uie in blokkies en braai in bietjie margarien of olie tot glanserig.
Sny bacon in stukkies en braai lekker crispy, gooi dan uie by.
Sny viennas en russians fyn en gooi die by bacon en uie mengsel.
Gooi mengsel in gesmeerde panne.
Klits eiers en meng dit in die pan met die bacon mengsel.
Gooi bietjie kaas oor en meng dit ook saam in die mengsel.
Gooi die oortolige kaas bo-oor en bak in die oond op 180 grade C vir so 45 min of tot gaar.
Foto en resep: Johanna Zwiegelaar