JOHANNA SE CRUNCHIES

JOHANNA SE CRUNCHIES
4 koppies koekmeel
4 koppies hawermout
4 koppies klapper
500 gr margarine
4 eetlepels stroop
6 eetlepels kook water
4 koppies suiker
2 teelepels vanilla
4 teelepels koeksoda
knippie sout
2 eiers

Plaas meel, klapper, oats en ‘n knippie sout in mengbak en meng.
Smelt margarine, suiker, stroop, kookwater, vanilla en koeksoda saam.
Klits eiers en voer by warmmengsel en roer goed.
Giet oor droë bestanddele en meng goed deur.
Druk in oondpanne en bak tot gaar +- vir 45 min op 180 ºC.
As uit oond kom, sny in blokkies en haal uit panne om af te koel.
Resep en 2de foto: Johanna Viljoen Zwiegelaar
Foto: Rianca Kruis