IDEES MET WILDSBOUD


IDEES MET WILDSBOUD
Gwen Jonker
WIE kan vir my sê hoe maak mens wildsvleis MAKLIK gaar. Het ‘n Boud gekry, maar nog nooit wild self gemaak nie!
Aneen Ferreira Gwen Jonker
Dit hang af watse wildsvleis. Ek lê myne oornag in asynwater. Kook dan ‘n ruk in stoompot met skoon water nadat ek hom goed afgespoel het. ( omtrent so ‘n half uur. ) Gooi water af en gooi skoon water by met jou sout, lekker baie varkspek in blokkies gesny en omtrent 6 naeltjies. Kook tot van bene afval. Verwyder bene en kook dan verder tot sag.
Louw Coetzee
Weet nie watse boud dit is nie, maar hier is my springbok boud metode – maklik en lekker! Ek sout en wit peper die boud en sprinkel bietjie gemaalde naeltjies oor. Braai die boud bietjie bruin op die stoofplaat. Haal boud uit en gooi grof gekapte wortels, uie en knoffel in pot – halwe bottel rooiwyn en sit die boud bo-op die groente. Deksel op en in die oond teen 140°C vir 3 to 4 ure afhangend van hoe groot die boud is. Haal boud uit, maak toe met tinfoelie en maak toe met lap om warm te hou. Gooi die sous in die pot deur ‘n sif en sit terug op oond plaat op medium hitte en prut so bietjie. 10-15 minute later, sny die boud mooi dun op en sit in die sous – viola!
Cecile Jansen Volschenk
As jy lekker wildsboud wil eet, vat ‘n bottel Franse slaaisous, gooi dit oor jou boud. Vat jou naeltjies en gooi ‘n paar oor (ek sit myne in peper grinder dan sien jy dit nie en byt nie die stukkies raak nie). Maak toe met foelie en bak teen 220°C. Kan kort-kort oopmaak en sous bo-oor gooi. Baie belangrik wildsvleis soek growe sout.
Rhoda Philander
Ek stem met Aneen met eers voor bereiding te doen. Eers in asyn te lê is baie belangrik, dan te kook en bloederige water af te gooi en dan gaar te maak.
Aneen Ferreira
Rhoda ek maak my boud al 42 jr so gaar. Asynwater trek die wildsmaak uit. By my ou skoonma geleer wat ‘n boervrou was.
Annatjie van Vuuren
STOP met spek naaltjie koljande sout uie bladjan toe draai in foelie laat staan oor nag in oond teen 100 grade.Bak tot gaar.
Maria Helena Bosman
Laat lê wildboud oornag in karringmelk.
Pattie Rossouw
Bak stadig en lank in 2 bottels italiaanse slaaisous! Perfek
Foto: Koos van der Merwe