HOENDER PASTEI VIR NEGE MENSE

HOENDER PASTEI VIR NEGE MENSE
Hoender pastei was heerlik. Dankie vir die persoon wat die resep vir my gestuur het. Het pastei bedien met rys, pampoen, broccoli en blomkool gemeng met witsous en kaas wat gebak is, saam mielie pitte wat gebraai is in botter met Aromat en peper. Familie het hulle borde leeg gemaak.
2 heel hoender – 3 kg
gebraaide ui met sampioene
gaar broccoli
handvol Cheddar kaas
3 eetlepels Mrs Balls Chutney
1 pk brown onion sop
1 pk cream of chicken sop
eier
puff pastry
Gerasperde kaas

Hoender gekook en toe opgesny, gaar broccoli by ingemeng , Gebraaide uie en sampioene bygevoeg en gemeng met Chutney en kaas. Laastens meng jy die soppoeiers met so 500 ml kookwater en roer tot geen klonte oor is nie, meng dan alles goed deur.
Smeer oondbak met botter, rol een rol Puff pastry uit en sit in oondbak met deeg wat oor kant hang. Voeg hoender mengsel in en bedek met laag kaas. Rol nog ‘n rol puff pastry oop en bedek die pastei. Vou kante saam en smeer met eier, bak in oond op 180°C vir so 40-50 min.
Foto en resep geplaas deur Anthony Bosch