HANEPOOT DRUIWE KONFYT


HANEPOOT DRUIWE KONFYT
Ek het Donderdag gesien hoe 20 ton hanepoot in ‘n parsgat afgegooi word, wat ‘n gesig.
Hier is my konfyt wat ek gekook het van die hanepoot wat ek ontpit het, darem nie al 20 ton nie
Die resep is heel eenvoudig.
Ek gebruik vir elke kilogram vrugte ‘n halwe kilogram suiker en kook dit vir ‘n 45 min nadat dit tot kookpunt gebring is.
Ek ondervind dit is goedkoper en met minder sous as ek ‘n halwe kilogram suiker op ‘n kilogram vrugte gebruik.
Voeg dan ‘n eetlepel suurlemoensap by en roer goed.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Gideon Louw
Mien Warnich – Gideon ek gooi so paar stukke droĆ« gemmer+gekneusde vyeblaar by dit gee ‘n heerlike geur. Ai darem lekker met varsgebakte brood en ‘n lekker vet gebraaide snoek.
Sjoe hoe water my mond nou.