GORDON SE GEURIGE WILDSBOUD


GORDON SE GEURIGE WILDSBOUD
Marineer die wildsboud vir 3 dae in een van die volgende marinades:
375 ml droë rooi wyn
125 ml asyn
1 middelslag ui, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
sout en peper na smaak
Meng alles saam.
OF
jy kan ook die volgende marinade gebruik:
600 ml rooi wyn
150 ml asyn
3 knoffel huisies, gekneus
3 lourierblare
1 lemoen se skil, gerasper
1 eetlepel gekapte pietersielie
Sout en peper na smaak
Meng alles saam.
Marineer 3 dae lank.
Plaas vleis in swaar kastrol, vul die kastrol met 15 mm marinade (die marindae moet 15 mm diep in die pot wees (sien resep onder).
Stel oond op 180°C, laat 20 min lank bak vir elke 500 g vleis.
Bedruip die vleis elke 10 min terwyl dit bak.
Toets vir gaarheid, laat rus rukkies voor jy opsny en bedien.
Nota: Jy kan ook repe spek oor die vleis sit.
Ek gee ook hier vir jou ‘n sous wat jy oor gaar vleis kan voorsit of oorgooi:
Prut tesame in ‘n klein kastrol:
1 eetlepel botter
125 ml korente of appel of kweperjellie.
Halwe teelepel sout
Knypie fyn naeltjies
125 ml water
125 ml portwyn
Sap van een suurlemoen
Knypie rooipeper
Voeg die oorblywende vloeistof waarin die vleis gebraai is hierby en ook die portwyn.
Laat opkook en verdik met mielieblom indien nodig. Geniet!
Resepte: Gordon Strauss