GIDEON SE RUGBY MOSSELS


GIDEON SE RUGBY MOSSELS
20 skoon mossels met een kant van die dop
2 eetlepels fyn knoffel
1 teelepel aromat
1 koppie witwyn
200 ml room
1 koppie chedder kaas
‘n bietjie mossarella kaas vir die lekkerte

Verhit alles behalwe die mossels en kaas saam tot kookpunt. Voeg die mossels by en laat prut vir agt minute. Pak die mossels in ‘n oondpan wat uitgevoer is met foelie met die oopkant na bo. Gooi die orige sous alles oor die mossels. Strooi die gerasperde kaas bo-oor. Plaas onder die rooster in die oond vir ‘n paar minute tot die kaas lekker bruin is.
Geniet dit saam met mootjies brood wat in die sous gedoop word wat oorbly.
Foto en resep: Gideon Louw