GEBRAAIDE HOENDER TOEBROODJIES

GEBRAAIDE HOENDER TOEBROODJIES
“Kentucky fried” Chicken Sandwiches – Het hierdie broodjies gemaak vanmiddag vir my huismense. En dis heerlik.
Eie hoeveelhede:
snye brood
hoendervulsel
maalvleisvulsel
kaas
melk om rante se smeer
1 koppie koekmeel
sout en peper
2 eiers, geklits met bietjie melk

Sny korsies van broodjies af en rol sny bietjie uit met roller.
Plaas jou hoendervulsel of maalvleisvulsel op een sny met kaas.
Smeer rante met melk of water, dan sit jy ander sny bo-op en druk rante met vurk vas.
Sit die koekmeel met sout en peper in ‘n bakkie.
In ander bakkie die eiers met bietjie melk saam geklits.
Doop jou broodjies eers in die meel dan in eier en dan weer in meel.
Bak in vlak of diep olie. Baie lekker.
Resep en foto: Ronell Muller Thoma