GEBAKTE BROCCOLI EN HOENDER


GEBAKTE BROCCOLI EN HOENDER
Foto: Noelene Rutledge Saal
FOOD LOVERS RECIPES
250 g broccoli
15 ml (1 eetlepel) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
6 gaar hoenderborsies, in stukke gesny (oorskiet hoender)
SOUS
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ koppie) mayonnaise
15 ml (1 eetlepel) kerriepoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml (½ koppie) cheddarkaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met die sout en peper. Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
SOUS
Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier. Geur met sout en peper.
Sit die hoendermengsel in ’n groot oondbak en giet die sous oor.
Sprinkel die kaas oor en bak 15 – 20 min. tot goudbruin en gaar.