CODDLER – IERSE KOOLGEREG


CODDLER – IERSE KOOLGEREG
17 Maart is om die draai en dan pomp my hart groen, dit is St Patrick’s day en ek vier my Ierse afkoms. Ek maak ‘n dis wat hulls noem Coddler.
Dit is baie eenvoudig.
vark worsies, goeie gehalte, ek gebruik die wat spar self maak
200 g pak gerookte spek(of gerookte vark skenkels)
uie
½ kool kop
aartappels (so 3 medium)
Braai worsie, bacon en uie saam in ‘n pot, voeg gekapte kool by en pak skywe aartapels bo-op.
Gooi nou ‘n bottel Savannah of Hunter’s Gold oor en bedek met ‘n deksel.
Bak in die oond tot aartappels gaar en sag is.
En natuurlik apple pie vir nagereg.
Resep: Vernon G Schoultz