BRUIN GEMMER EN KANEEL POEDING

BRUIN GEMMER EN KANEEL POEDING
2 koppies koek meel
1 eetlepel botter
1 eetlepel appelkoos konfyt
Knippie sout
1 koppie melk
2 teelepel koeksoda
1 eetlepel asyn

Stroop:
5 koppies water
2 koppies suiker
1 eetlepel botter
7 ml gemmer
15 ml kaneel
1 eetlepel botter

Bring stroop tot kookpunt, meng intussen al die beslag se bestanddele.
Plaas opskep lepels deeg in die kookende stroop.
Laat die deeg vir 5 min vinnig kook en draai plaat dan stadig op lae hitte.
Bedek pot met ‘n bord sodat dit gaar kan stoom.
Geniet julle, dis heerlik
Resep: Annezelle Gray