APPEL EN BOSBESSIE KRUMMEL NAGEREG



APPEL EN BOSBESSIE KRUMMEL NAGEREG
Ek het appels en bosbessies gebruik.
Die hoeveelhede hang af van die hoeveelheid mense wat jy gaan bedien, ek het 1 appeltjie per persoon geneem.
Skil die appels en sny soos verlang, sit in mikrogolf houer met bietjie water, 2 spuite suurlemoensap, kaneelstokkie en 50 ml bruinsuiker, net genoeg om die appels te bedek.
Kook in die mikfrogolf tot net sag nie pap nie. Haal die kaneelstokkies uit, gooi bosbessies by en laat staan vir ‘n rukkie.
Haal die kaneelstokkies uit.
Skep die mengsel in ramekin bakkies of in een groot bak, gooi bietjie klappermelk oor. Die sous van die appels en die melk moet net die appels bedek. (kan ook room gebruik)
Gooi nou die krummelkors oor en bak in die oond op 180ºC tot gaar en bruin.
Ek het vir 3 ramekins net die helfte van die krummels aangemaak.
Ek het dit saam met vla bedien, dit is regtig heerlik, het ook xylitol in die krummels gebruik.
Foto en resep: Rina Kleinhans
Petro se krummelkors resep
3/4 koppies koekmeel
1/2 koppies wit suiker + 1/4 koppies bruin suiker
3/4 koppie gekapte pekan neute
6 eetlepel botter
1/4 teelepel sout
Vryf tot growwe krummels en hou eenkant tot benodig.
Resep: Petro Borchard