ANNATJIE SE KWEPERJELLIE

ANNATJIE SE KWEPERJELLIE
Foto en resep: Annatjie Heydenrych
FOOD LOVERS RECIPES
Was die kwepers.
Sny in growwe blokke en sny die “rosies” uit.
Plaas in ‘n pot en bedek met genoeg water, sodat die water omtrent 2 cm hoër as die kwepers is. Kook tot sag.
Druk fyner met ‘n kapokaartappel drukker – nie te fyn nie, want anders sukkel jy om die water uit te kry.
Sit ‘n kaasdoek in ‘n vergiettes en sit die kwepermoes daarin.
Laat staan vir ‘n paar ure (4-5 of oornag) sodat die water natuurlik kan deursypel.
(Maak soos jy wil met die oorbly moes)

Gebruik net minder as ‘n koppie suiker vir elke koppie kweperwater. (ongeveer 7 agstes van ‘n koppie)
Roer aanhoudend terwyl jy die kweperwater tot kookpunt bring. Jy wil nie hê die suiker moet onder aan die kastrol vas kook nie.
Wanneer dit begin kook moet jy dit maar dophou.
Jy sal sien die kleur verander van vaal tot diep rooskleurig.
Jy sal ook sien die tekstuur begin verander.
As jy ‘n termometer het, kook jy dit tot min of meer by die “Jam” strepie.
Doen die gevriesde piering toets om seker te maak jou jellie is reg.
Wanneer jy die jellie op die piering met jou vinger stoot, sal dit kreukel.
Dan is dit reg en kan jy dit in gesteriliseerde botteltjies en deksels bottel.
Bedien saam met ‘n kaasbord.