WORSVLEIS- EN TAMATIE SOUTTERT

WORSVLEIS- EN TAMATIE SOUTTERT
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
1 rol pofdeeg
500 g wors van jou keuse
ongeveer 1 koppie gerasperde kaas
3 tamaties
1 groot ui

Sny die ui in ringe en karameliseer dit in ‘n pan met ‘n nie-kleef bodem wat met ‘n nie-kleef sprei gespuit is, tot goudbruin oor lae hitte. Verwyder van die pan en hou eenkant. Haal die vleis uit die wors uit en braai dit in dieselfde pan tot gaar. Indien die pan te droog raak kan klein bietjie water op ‘n slag bygevoeg word. Kap twee van die tamaties op in klein stukkies en meng dit deur die gaar worsvleis. Haal van die hitte af. Proe aan die gaar wors en indien nodig, voeg sout en speserye van jou keuse by
Bedek die bodem en kante van ‘n oondbak wat met nie-kleef sprei behandel is en strooi die kaas oor die deeg in die bodem. Bedek met die vleis en tamatie mengsel en plaas die uie bo-op die vleis. Sny die oorblywende tamatie in ringe en rangskik dit bo-op die uie. Bak by 180ºC vir 20 tot 30 minute tot die kors goudbruin is.
Nota: Die deeg kan ook plat op ‘n bakplaat geplaas word met die vulsel bo-op, en soos ‘n pizza gebak word.